Rooi Rose, May 2023
Maryke Roberts
Haal net asem
DAAR IS SOVEEL VERSTEEKTE PARADYSE OP DIE PLATTELAND WAT WAG VIR DIE MOEË STADSIELE OM AF TE DRAAI, TE VERPOOS EN TE KOM KOP SKOONMAAK. DANIËLSKRAAL BUITE CALITZDORP IN DIE KLEIN-KAROO IS EEN VAN DAARDIE PLEKKE, HET MARYKE ROBERTS ONLANGS UITGEVIND
Op die pad buite Calitzdorp is die klein bordjie regs teen ’n arbeidshuis se draadheining vasgemaak. Dis egter die klein krulkopdogtertjie wat laat middag vir ons buite staan en waai, wat ons oog vang en ons laat omdraai. Grondpad in, heuweltjie oor en dan lê die mooie plaas uitnodigend onder in die vlakte in die strale van die son wat sak.
Op die plaas gekom, hardloop ’n skaaphond al stertswaaiend en blaffend met ’n tennisbal in die bek. “Dis die deurklokkie,” merk my geliefde droogweg op. En dis inderdaad toe so.
Die eienaar, Rosheen Kriegler, kom haal ons by die trappies by die swembad. Die herehuis en gasvrou gooi sedert 2010 hul arms gul vir moeë siele oop.
Die hond se naam is Bella en sy is almal se hond terwyl hulle hier tuisgaan, vind ons gou uit.
Die dramatiese herehuis wat uit 1836 dateer, is net die plek om af te skakel. Ek kyk na die pragtig-gedekte tafel, die swart dakwaaiers wat sussend die Karoolug rondwaai en die ysmasjien wat op daardie einste oomblik ys in die bak laat val.
“Tyd vir ’n gin en tonic,” lees sy ons gedagtes. ’n Mens wil immers die stowwerigheid van ’n laat somersrit van jou afspoel. Maar my oë dwaal oor die kunswerke, keurige dekor, potjies vol varsgeplukte rose, die lap-servette en die uitnodigende gedekte tafel op die stoep.
Ek vra of die ander gaste al aangekom het, want dis duidelik hier kom ’n fees in een of ander gedaante.
Rosheen lag en sê dié fees is net ons twee s’n.
Ek sit uiteindelik ’n gesig en lyf by haar woorde wat ek vroeër op Instagram gelees het: “My reis het in 2005 begin toe hierdie grasieuse leefstylplaas gekoop is. Ek het altyd in my gebeente geweet dat ek hier sou beland – dis die naaste stap aan die hemel: Die Klein/Groot Karoo word só misverstaan. Hier vind jy ’n rustigheid van ’n leefstyle wat nêrens anders in Suid-Afrika bestaan nie.
“So baie van my jonger vriende het hier kom huis opsit: Dit is strelend vir die vermoiede siel. Dit neem drie en ’n halwe uur tot by die haastigste en besige Kaapstad en een uur na George-lughawe of ’n fenomenale Mediclinic ’n halfuur weg. Onthou net om asem te haal.”
Dit word toe ook ons mantra vir ons driedagkuier. Haal net asem – en hou jou mond toe wat aanhoudend wil oopval van verbasing dat hierdie saligheid en privaatheid ons beskore is.
Die reusegrasperk eindig in stoele en ’n braai met ’n uitsig oor die berge. Ek wil my verbeel die vrede van die rotsformasies as die son laatmiddag pienk en goud daaroor dans, sou genoeg inspirasie wees vir Pierneef om te skilder.
Neffens die gastehuis spoel water uit ’n fonteintjie, en bye dra stuifmeel tussen ruie laventel en rose aan. Daarnaas is die “Nando’s”-hoenderhok en ’n ’n indrukwekkende roostuin – heeltemal onverwags in die Karoo.
’n Mens sou net daar op die plaas kon bly, waar die dik mure die hitte uithou en die reusebeddens jou terugneem na vervloë dae van blinkgevryfde houtvloere, gepoetsde koper en silwer, en baie blomme uit die roostuin. Jy sou kon braai, of al fresco-maaltye met koue witwyn op die stoep geniet. Maar nou is dit net salige stilte.
Ons het egter ’n paar afsprake op die dorp om na te kom: Nie uit plig nie, maar vir pure plesier. Een is ’n aandete me die Nels van Boplaas-familiewingerde se wyne wat by Die Dorpshuis met kos gepas word. Dit herinner aan daai plaasetes van weleer.
Divan Roos en Ampie Rossouw is uitstekende gashere. Ons smul onder meer aan tuisgebakte brood, romerige mossels en Karoo-lam-skenkel met groente, en hoor alles wat die Nel-gesin op die plaas hier op Calitzdorp ervaar.
Carel is die patriarg en wynpionier, wat in 2021 deur Suid-Afrika se gesogte Veritas-toekenning as een van Suid-Afrika se Lewende Legendes ingelyf is.
Boplaas is bekend vir sy talle toekennings vir sy kampioen-portstyl- en Portugese tafelwyne met Carel Nel as die vyfde geslag en sy dogter, Margeaux, wat nou die wynmaker en die sesde geslag op die plaas is. Vandag is dit ’n ware familie-bedryf: Carel se seun, Daniel, en ander dogter, Rozanne, is nou ook deel van dis Boplaas-span. Ma Jeanne hou die hele spul bymekaar, vertel sy met ’n knipoog.
Ons kuier saam met hulle oorkant die historiese NG Kerk op Die Dorphuis se stoep. Ons drink van hul bekroonde Bobbejaansberg Sauvignon Blanc 2022, Gamka Reserve 2020, Touriga Naçional 2021 en sluit die aand met die Colheita Port 2005 en ’n brandewyn af.
Die vrede neem my later die aand in handgeborduurde linne droomland toe. Dis vroegoggend-stilte was die volgende oggend nog meer opvallend as deur die nag en ons is, voor die eerste sonstrale nog, op die stoep met koffie. Die swembad se water lok, en al is dit nog lekker koel, swem ons vinnig ’n paar lengtes.
Die stoep met sy twee dakwaaiers is ons tuiste vir die dag. Hier sit en lees ons, eet ontbyt, groet die ganse wat die gras kort kou en gesels in babataal met die twee pêrelborsswaeltjies wat kort-kort oor ons koppe swiep. Met die hitte van die dag op sy ergste, dut ons op die pragtige gietyster swembadstoele met hul vrolike gestreepte kussings, en wanneer die hitte te erg word, gaan koel ons in die swembad af.
Die koelte en rottangstoel onder die jakarandaboom lok my vir ’n uur of wat om my boek te lees.
Die antieke melkbekertjie wat boepens staan met vars mentblare neffens die ys- en sodamasjien, is nuttig vir kort-kort glase opvul. Toe die laatmiddag-sonstrale die vallei voor ons goud kleur, sny ons die suurlemoen en sit ons met on voete op die koffietafel met ons “gin & tonics”.
Die tweede aandete is een waarna ons al lank uitsien. So tussen Instagram-plasings en Rosheen se aanbeveling deur, het ons by Sunny, ’n opskietrestaurant in die dorp, bespreek. Die sjef, die Koreaanse Sunny Baek en haar lewensmaat, Ed Holding, het skaars ’n jaar tevore na Calitzdorp getrek. Ed bedryf bedags die Ed Holding Gholf Studio en gholfsimuleerder vannuit hul huis in die middedorp. Sekere aande draw hulle tafels stoep toe en Sunny se watertandlekker Koreaanse kos laat mense van sover as Pretoria af deurry. Sy doen ook af en toe Koreaanse kookklasse.
Sunny bring die eerste kos soos ’n offer met uitgestrekte hande aan. Die vissous, lemmetjiesap en brandrissie is soos ’n klein vlak dammetjie vir die delikate Koreaanse kool-rolletjies(spring rolls). “Vrugte en groente uit my bure se tuin,“ vertel sy. Een na die ander dis kom sit sy haar offerandes neer, met geure wat op die tong dans.
Dis weer ’n Boplaas-wyn wat ons aandete komplementeer. Dié keer Ring of Rocks 2018. Sunny vertel trots dat die Nels gereelde gaste daar is.
Die donkernag op pad terug world verlig met sterre wat soos lanterns vir ons die weg wys.
Dis toe nie so moeilik om vir drie dae bloot net asem to haal, te ervaar en te laat gaan nie.
Just breathe
THERE ARE SO MANY HIDDEN PARADISES IN THE COUNTRYSIDE JUST WAITING FOR TIRED CITY SOULS TO TURN OFF, TAKE A REST AND CLEAR THEIR HEADS. DANIELSKRAAL OUTSIDE CALTIZDORP IN THE KLEIN KAROO IS ONE OF THESE PLACES, AS MARYKE ROBERTS RECENTLY DISCOVERED.
On the road outside Calitzdorp, the small sign is attached directly to the wire fencing of a worker’s cottage. However, it’s the little, curly-haired girl standing outside and waving in the late afternoon that catches our eye and prompts us to turn around. Onto a gravel round, over a rise, and the beautiful farm on the plain below lies invitingly in the rays of the setting sun.
On arrival at the farm, a tail-wagging, barking border collie runs out with a tennis ball in her mouth. “The doorbell,” remarks my partner dryly. And, it is indeed so.
The owner, Rosheen Kriegler, meets us at the stairs by the swimming pool. The villa and its hostess have been opening their arms to tired souls since 2010.
The dog’s name is Bella and, we soon discover, she is every guest’s dog while they call Danielskraal home.
The dramatic manor house which dates back to 1836 is the perfect place to switch off. I take in the beautifully-set table, the Sky ceiling fans that soothingly move the Karoo air around and the ice machine that – just at that moment – plops a cube into the container.
“Time for a gin and tonic,” she reads our minds. After all, one wants to rinse off the dust of a late summer’s journey. But, my eyes wander over the artworks, tasteful decor, pots full of fresh-cut roses, the napkins and the inviting table-setting on the stoep.
I ask if the other guests have arrived, because it’s obvious that a feast of some kind is on its way.
Rosheen laughs and says this feast is just for the two of us.
I am finally able to put face and form to her words which I had read earlier on Instagram: “My journey began in 2005 when this gracious lifestyle farm was bought. I always believed I’d end up here – it’s the closest step to heaven: The Klein/Groot Karoo is so misunderstood. Here, you’ll find a lifestyle of peace like nowhere else in South Africa.
“So many of my younger friends have settled here. It’s comforting for the exhausted soul. It takes three and a half hours to hurried and busy Cape Town and one hour to the George Airport or half an hour to a phenomenal MediClinic. Remember to just breathe.”
This became our mantra for our three-day stay. Breathe – and try to keep your mouth from falling open in surprise that we had been gifted with such blissful privacy.
The gigantic lawn ends in chairs and a braai with views over to the mountains. I imagine the peace of the rock formations as the late afternoon sun dances across them in pink and gold would have been enough to inspire Pierneef to paint.
Beside the villa, water spills from a fountain, bees carry pollen between rows of lavender and roses. Close by is the “Nando’s” chicken coup and an impressive rose garden – quite unexpected in the Karoo.
One could stay right here on the farm, where thick walls keep the heat at bay and giant beds take you back to a time of pristine wooden floors, polished copper and silver, and many, many flowers from the rose garden. One could braai, or enjoy al fresco meals with cold white wine on the stoep. But, for now, there’s just blissful silence.
Later, the peace takes me to dreamland in hand-embroidered linens. The early-morning quiet is even more noticeable after a silent night, and we beat the first rays of sunshine to the stoep for coffee. The swimming pool beckons and, though it is still cool, we swim a few lengths.
The stoep with its two ceiling fans is our home for the day. We read, eat breakfast, greet the geese that keep the grass short, and converse in baby talk with two pearl-breasted swallows that are soon sweeping overhead. In the heat of the day, we choose the gorgeous cast iron swimming pool chairs with their cheerful striped cushions, and – when the heat gets too much – we cool off in the swimming pool.
The shade and the rattan chair under the Jacaranda tree entices me for an hour or so to read my book.
The antique milk jug overflowing with mint beside the ice and soda machines is handy for quick top ups. When the late afternoon sun colours the valley gold, we cut the lemon and put our feet up on the coffee table with our gin & tonics.
It turns out it’s not that difficult to just breathe, to experience, and to let it all go, for three days.